Trump adviseer Venezuela opposisieleier

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die opposisieleier van Venezuela, Juan Guaidó, persoonlik gefasiliteer in ’n telefonies gesprek.

Die Wit Huis het bekendgemaak dat President Trump die meer onervare leier, wat ook die voorsitter van die land se Algemene Vergadering is, ondersteun en van raad voorsien het.

Die president het glo gesê die VSA sal Venezuela ondersteun in sy pad na ekonomiese herstel, en sy regering sal deurlopend kontak behou met die  selfverklaarde staatshoof, Juan Guaidó.

Enkele dae nadat Juan Guaidó in die openbaar verklaar het dat hy die staatshoof van die land is, het die omstrede president Nicolas Maduro opdrag gegee dat ondersoek gedoen word na die jong leier, en beveel dat hy nie die land mag verlaat nie.

Foto – President Donald Trump