Trein brand met plofstof aanboord

Spuitkanne met plofstof aan boord van ’n sneltrein in Duitsland het gesorg vir ’n reuse brand in die bewegende trein wat onderweg was na Bonn.

Meer as 60 mense in naby geleë woonhuise moes inderhaas padgee terwyl brandweer mense die brande probeer blus wat gepaard gegaan het met knal skote soos wat die spuitkanne ontplof.

Gelukkig kon die trein tot stilstand gebring word en het brandweerwaens vir etlike ure gesukkel om die gevaarlike brande te stop.

Die trein personeel kon nie sien dat di brand ontstaan het nie, en is eers later bewus gemaak daarvan.

Die grootste deel van die sneltrein het onherstelbaar beskadig in die brand, maar geen lewensverlies is aangemeld nie.