Totsiens Eskom, hello Donker Afrika

Eskom is tegnies bankrot, en sal nie oorleef tot Meimaand vanjaar as hy nie dringende finansiële hulp kry nie.

Die kragvoorsiener sal sy steenkool oonde moe afsluit as hy na April nog nie voldoende finansiële steun van elders kon kry nie.

In ’n dokument wat deur die Departement van Openbare Ondernemings vrygestel is, word erken dat Eskom hoogstens tot April 2019 kan funksioneer.

In die dokument word Eskom se skuldlas op 15% van die land se totale skuldlas gestel, wat beteken dat die entiteit tegnies bankrot is en nie sonder uiter bekwame mense aan die stuur, ooit daaruit gaan los kom nie.