Tesla Model 3 spoel oor Europa

Die eerste besending Tesla Model 3 elektriese motorvoertuie het in ’n Europese hawe aangekom, en is in lyn met die vervaardiger se beplanning om elke week 3,000 motors daarheen te verskeep.

Die eerste besending Model 3 motors het in die hawe van Zeebrugge aangekom, en sal weekliks opgevolg word met ’n soortgelyke besending van 3,000 voertuie.

Tesla het aan die einde van Januarie die lyn oopgestel vir kliënte om bestellings te plaas vir die Tesla Model 3 elektriese motors, en kort daarna is die eerste besending na Europa verskeep.

Die Suid-Afrikaans gebore tegnoloog en miljardêr, Elon Musk, het vroeër gesê die vervaardiging van Model 3 motors vir die Europese mark is op dreef, en nou is dit duidelik dat die motors ’n reuse afset het in Europa.

Die Europese koerante het onlangs beweer dat Tesla probleme ondervind met die vervaardiging van Model 3 motors, maar die :vals inligting” is klaarblyklik deur konkurrente versprei.

Tesla lewer ook sowat 4,000 Model 3 motors aan Noord Amerika en die verwagting is dat die aanvraag in Europa ook drasties sal styg.

Tans word die Tesla Model 3 in sowat 50 lande oor die wêreld verkoop, maar geen voertuig word nog in Afrika bemark nie.

Foto – Tesla Model 3