Staatskaping kan SA finansieel skud

Suid-Afrika kan ’n enorme verlies ly indien die ANC president, Cyril Ramaphosa, nie seker maak dat die mense betrokke by die Staatskaping in die hof hulle straf kry nie.

Die waarskuwing kom van die Verenigde Koninkryk en van Amerika wat albei onderneem het om beleggings na die land te bring indien die Ramaphosa regering kan bewys dat hy wet en orde saam met goeie regering gaan toepas.

Die stilswye van die ANC president oor die aangeleentheid wek kommer, en politieke ontleders sê dit hou die gevaar in dat meer as ’n $100 miljard se beleggings nie sal realiseer nie.

Die Ramaphosa regering is klaarblyklik deeglik bewus daarvan dat hulle aan Westerse lande se vereistes sal moet voldoen as hulle beleggings wil lok, en sal ook moet sorg dat goeie regering toegepas word op alle vlakke as hulle sulke beleggers wil hou in die land.

Foto – ANC president Ramaphosa