Skool in Kaapstad in vlamme

Die Holy Cross primêre skool in Kaapstad is gedeeltelik beskadig deur ‘n brand wat ontstaan het. Personeel en leerlinge is ontruim en die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die vermoede bestaan dat dit deur kwaaddoeners aan die brand gesteek is maar geen bevestiging kon verkry word nie.

Dit is die derde skool wat in die afgelope twee maand in ’n brand beskadig is terwyl daar ’n groot tekort aan klaskamers is  en talle leerlinge nog ni geplaas kon word in die oorvol skole nie.