Sentraal Afrika sluit vrede met rebelle

’n Vlam van hoop flikker tans in die Sentraal Afrika Republiek waar die regering en die rebellegroepe ’n vredesooreenkoms gesluit het.

Die land het sowat 1,2 miljoen mense het hulle woonhuise verloor weens die burgerlike konflik wat geheers het tussen die rebelle en regeringsmagte.

Na weke se samesprekings is die ooreenkoms tussen die regering en sowat 14 verskillende rebellegroepe gefinaliseer, maar waarnemers sê die vredesverdrag is broos en kan enige tyd weer in opstand verander.

Dit is die eerste keer dat die regering dialoog voer met die rebelle, maar onder druk van die Verenigde Nasies en die Afrika Unie, kon die ooreenkoms uiteindelik bereik word.

Smail Chergui, sekretaris van die Afrika Unie het die ooreenkoms wat Saterdag bereik is, as ’n groot deurbraak bestempel vir vrede en veiligheid.

Die land is die afgelope ses jaar gedompel in burgerlike gevegte wat tot talle lewensverlies gelei het terwyl baie hul huis en haard moes verlaat uit vrees vir rebelle aanvalle.