Russe bou middel-afstand kernmissiele

Die Russiese Minister van Verdediging het bekendgemaak dat opdrag gegee is vir die ontwikkeling en bou van middel-afstand kernmissiele noudat die land onttrek het uit die Internasionale kernwapen Verdrag.

Die aankondiging kom nadat die Verenigde State van Amerika aangekondig het dat hy onttrek uit die Kernwapen verdrag as gevolg van Rusland se oortreding van die Verdrag se bepalings.

Minister Sergei Shoigu sê die ontwikkelingsprogram is geskeduleer om binne twee jaar gereed te wees met die toetse van middel-afstand kernmissiele.

Hy sê nuwe kruisermissiele asook nuwe land tot land hipersoniese kernmissiele moet gedurende die volgende twee jaar gereed wees, en die vermoede bestaan dat die missiele ’n reikafstand van sowat 5,000 tot 5,500 kilometer sal hê.

President Donald Trump het Rusland vroeër daarvan beskuldig dat hy die ooreenkoms verbreek het wat jare gelede dur President Ronald Reagan en die Russiese president, Mikhail Gorbachev, aangegaan is oor kernwapens en missiele.