Rusland onttrek ook uit Missiel akkoord

Slegs enkele ure nadat president Donald Trump van Amerika die Russe voor ’n ultimatum gestel het om van sy onwettige missiel arsenaal ontslae te raak, het President Poetin die VSA se voorbeeld gevolg en ook aangekondig dat hy nie meer gebonde vol aan die Internasionale Missiel Ooreenkoms nie.

President Donald Trump het gesê die Russe moet ontslae raak van sy onwettige missiele, of so nie onttrek hy die VSA uit die ooreenkoms.

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het egter nie gereageer op Trump se dreigement nie, en aangekondig dat Rusland ook uit die ooreenkoms onttrek, en dat hy onmiddellik opdrag sal gee dat hiper-soniese ballistiese missiele met ’n lang reikafstand, ontwikkel mag word.

Die verhouding tussen die twee moondhede het nou ’n laagtepunt bereik, en kenners reken die gevaarlike situasie het ook gelei tot ’n wapen wedloop wat selfs groter is as tydens die Koue Oorlog van enkele dekades gelede.

Die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, het kort daarna gesê geen verdere dialoog sal met Amerika oor die aangeleentheid gevoer word nie, en Rusland berei hom voor vir die verdere ontwikkeling van sy wapen arsenaal met hoë tegnologie ter verdediging van die land.