Ruimtevaarder is kandidaat vir Senaat

Die voormalige Amerikaanse ruimtevaarder, Mak Kelly, het aangekondig dat hy as kandidaat vir die linkse Demokratiese Party staan in die senaatsverkiesing.

Die tussenverkiesing in die deelstaat Arizona vind plaas om die afgestorwe Republikein, John McCain, se pos as senator t vul vir die oorblywende deel van die termyn.

Die deelstaat is vir baie jare ’n vesting van die Republikeine, wat Martha McSally as kandidaat bekendgestel het.

Martha McSally het intussen, as lid van die Amerikaanse Kongras, die plek van wyle John McCain ingeneem, en sal eersdaags teen die linkse Kelly te staan kom.

Foto – Mark Kelly