Rowers steel 100 wapens

‘n Wapenwinkel in Boksburg is beroof van meer as 100 vuurwapens.  Drie gewapende diewe het die winkel betree en die eienaar gedwing om die kluis oop te maak waarna hul met die wapens gevlug het.

Doe vermoede bestaan dat die diewe deel uitmaak van n bende wat daarin spesialiseer om wapens te steel.

Verskeie polisiestasies in Sentraal Transvaal is al van hulle wapens beroof, wat die indruk laat dat polisiebeamptes betrokke is by die rooftogte.