Roelf Meyer wil SA red

Ironies dat die man wat in die onderhandelings proses die land uitverkoop het aan die ANC  nou  volgens berigte terug is om SA se ekonomie te red.

Die groep PPGI (Public Private Growth Initiative) is ‘n skepping van Roelf Meyer en Johan van Zyl (HUB van Toyota) en het voorleggings aan die regering gedoen oor hoe die privaat en openbare sektor saam kan werk om werkloosheid te beveg en die ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Meyer het Dlamini-Zuma per “geleentheid” op ‘n vliegtuig ontmoet en so die groen lig ontvang vanaf regerings kant, daarna is 22 sektore van die SA ekonomie ingetrek om werkskepping te bevorder en die ekonomie te laat groei.

Geen eis kom van die groep dat misdaad bekamp moet word of dat die grootskaalse moorde aangespreek moet word nie.