Reaksie op ’n verdwaalde se skrywe

Hiernaas: Foto van die lesbiese Marianne Thamm

‘n Artikel deur Marianne Thamm  in ‘n liberale internet blad vereis kommentaar:

Mariaane Tham is volgens haar eie beskrywing: half-Portugeus, half-Duits, herstelde Rooms Katolieke ateïs en lesbiese immigrant.(aldus Wikipedia)

In die artikel word  globale buitelandse neo-regses aangevat oor hul betrokkenheid by sg. ultra-regse groepe in SA soos die AWB, Steve Hofmeyer, Willem Petzer en andere.  Volgens Thamm is daar ontelbaar rassistiese WhatsApp groepe wat regse wit nasionalisme probeer bevorder.

Thamm verdraai die waarheid in haar stelling dat wit minderhede die beskerming en gelyke regte geniet wat die SA Konstitusie bied.

Afrikaans is volgens haar ‘n groeiende taal en wit Afrikaners verdien gemiddeld R20,357 per maand.  Daar is volgens haar privaat- en openbare Afrikaans medium skole en Universiteite is dubbel medium instellings . Geen melding van gedwonge integrasie op skoolvlak deur die staat asook die verwydering van Afrikaans as onderrig medium by Universiteite

Sy noem dan die FF+, Afriforum, DA, Solidariteit, Die Suidlanders, die AWB, die Boere Afrikaner Volksraad en die Kommando Korps as instansies wat namens die ultra-regse Afrikaners of Boere praat. (terloops hier dwaal  sy weer want Solidariteit, Afriforum en die DA is beslis nie ver-regse groepe nie en staan nie vir Boere selfbeskikking nie.)

Sy haal die liberale Max du Preez aan wat sê dat die boonste-middel klas Afrikaner nie bereid is  om hul luukse lewe prys te gee vir ‘n Volkstaat nie. Dit kan so wees aangesien baie manse nog in ‘n gemaksone verkeer. Haar weergawe van die Bop inval spreek ook van algehele onkunde.

‘n Waarskuwing van haar kant kom in die antwoord op ‘n vraag “Is die regering bewus van die groeiende regse-vleuel bedreiging?  Definitief  sê sy, Valke lede, wat die Boeremag geïnfiltreer het,  is bewus van die bedreiging  en is besig om onder vêr-regse groepe te werk.

Hoe Thamm as immigrant in Suid Afrika haar mond kan uitspoel oor groeiende nasionalisme en die strewe na self beskikking gaan mens se verstand te bowe.

Dalk het haar oud-Rooms Katolieke, asook ateïstiese en lesbiese neigings haar oordeelsvermoë so aangetas dat sy nou aan linkse, multi-kulturele verbale diarree lei.

Hans Greef