Ramaphosa sonder plan teen misdaad

Tydens die ANC president, Cyril Ramaphosa, se Staatsrede het hy verskeie aspekte aangeraak waaraan dringende aandag geskenk sal word.

Met sy nuwe regering en ’n verkiesing voor die deur, het Ramaphosa  uiteengesit hoe die land op ekonomiese gebied sal groei, beleggings sal kry, werk vir die werklose sal genereer, maar kon niks sê oor die geweldige hoë misdaad vlakke in die land nie.

Hy het selfs belowe dat groot vordering gemaak sal word op die vlak van opvoeding, gesondheidsdienste, sowel as behuising.

Die fokus was opsigtelik nie ingestel op die kriminele situasie in die land wat rekord hoogtes bereik het nie.

Kenners meen die president het of geen erg daaraan om die kriminele hok te slaan nie, of beskik oor geen doelmatige planne om misdaad vas te vat nie.

Foto – Cyril Ramaphosa