Ramaphosa se “nege verlore jare”

ANC president Cyril Ramaphosa se verwysing na die nege verlore jare onder Zuma se bestuur is vir menige ’n ironiese opmerking.

Gedurende die tyd was Ramphosa tweede in bevel van die land se besluitneming en die uitvoering daarvan.

Vrae het nou ontstaan oor hoe verklaar hy sy aandeel in die verlore jare waartydens die korrupsie en wandade toegeneem het tot waar dit vandag is.

Dit mag wees dat hy die pos slegs as ’n rusplek beskou het om geen bydrae te lewer soos wat van hom verwag word of het hy meegedoen aan al die wandade sonder om ’n oog te knip?

Waarnemers meen die president het klaarblyklik in die nege jaar ’n klomp geld in sy sak gesteek sonder om ’n vinger te verroer teen die verkeerde dinge in die land.