Ramaphosa se diefstal benadering

Terwyl die Westerse wêreld sit en kyk wat die ANC president, Cyril Ramaphosa, met die grondgryp program gaan doen, word dit al duideliker dat hy besig is met voetwerk om die verkiesing te nader.

Politieke ontleders wys daarop dat die president skielik nie meer die landbouers van die land se goed ontwikkelde plase as teiken in sy visier het nie.

Daarvoor is daar klaarblyklik die een verklaring, dit is die vrees dat die land sonder voedsel gaan sit en die buitelandse beleggers voet in die wind slaan.

Nou word staatsgrond, en onbenutte grond die teiken, en dit sal eers prominent onder mense se aandag kom na afloop van die verkiesing.

Die grondgryp program het gekom weens twee elemente wat die ANC bedreig het. Eerstens het die Malema-radikaliste sy grond steel aksies begin wat menige swart kiesers beïndruk het, en tweedens moes die ANC iets nuut kry om sy kiesers te behou, het ’n politieke ontleder aan Die Vryburger gesê.