Ramaphosa reageer op Anglo bekommernisse

President Cyril Ramaphosa het geregeer op die uitlating van die Hoof Uitvoerende Beampte van Anglo American se vrees oor Eskom en wat dit vir die mynbedryf beteken as dinge verkeerd gaan.

Die ANC president het probeer om ’n versekering te gee dat beleggers nie nodig het om bekommerd t wees nie, want Eskom sal weer op dreef gestel word.

Ramaphosa het ’n toespraak gelewer by die 25 jaar oue “Investing in Africa Mining Indaba” wat in Kaapstad aangebied is.

Die president het weereens nie daarin geslaag om met ’n duidelike  program na vore te kom wat die myn industrie se vrese sal besweer nie.

Hy kon hoogstens die versekering gee dat optrede sal volg op skuldige persone en gesê diegene wat hulle aan wanbestuur skuldig gemaak het sal tronk toe gestuur word.

Maar politieke ontleders wys daarop dat Eskom hom gereedmaak vir ’n finansiële tekort van R20 miljard vir vanjaar, en dat die president se “versekerings” nie meer geloofwaardig is na sy reeks onwaarhede van onlangs nie.