Raad van Mediese skemas skors bestuurder

Die Raad van Mediese Skemas het hul Algemene Bestuurder, Stehen Mmatli geskors.

Hy word daarvan beskuldig dat hy die Raad doelbewus mislei het rondom besluite wat geneem is ten gunste van sekere organisasies.

Hy is glo finansieel vergoed vir die “gunste” wat hy aan die partye betoon het en dui op die korrupsie wat tans die nuusblaaie se voorblad oorheers.