Prinses word kandidaat vir premierskap

Princess Ubolratana, die suster van die koning in Thailand, het aangekondig dat sy staan as kandidaat vir die land se Eerste Ministers amp.

Die vreemde optrede vorm glo deel van die politieke stryd tussen die koninklike militariste en die populistiese party in die land.

Die prinses, met die moeilike naam as Ubolratana Rajakanya Sirivadhana Barnavadi, sal dus ’n kandidaat wees vir die premierskap in die verkiesing wat op 24 Maart gehou word.

Thailand beleef hiermee ’n eerste geval van iemand uit die koningshuis wat toetree tot die politiek deur as kandidaat beskikbaar te word.

Thailand is sedert 1932 ’n monargie wat sedert sy begin jare veronderstel is om die koningshuis buite die partypolitiek te hou.

Die prinses sal direk teen die huidige Eerste Minister, en alle kandidate sal Vrydag deur die verkiesingskommissie bevestig word.

Foto – Prinses Ubolratana