Premier May weer na Brussel oor Brexit

Die Britse Eerste Minister, Theresa May, is weer na Brussel in ’n poging om die ooreenkoms t hersien wat deur die Britse parlement verwerp is as nie voldoende nie.

Die premier het haar waardigheid behou deur geen kommentaar te lewer oor die onbeskofte uitlating van die Europese Kommissie se Donald Tusk nie.

Tusk het tot vele lande se afkeur gesê die hel het ’n spesiale plek vir diegene wat ten gunste van Brexit is.

Premier May het Vrydag ’n gesprek gehad met Tusk en die president, Jean-Claude Juncker.