Premier May vra meer tyd vir Brexit

Eerste Minister Theresa May het gevra dat die Britse Parlement haar meer tyd moet gee om ’n beter bedeling met die Europese Unie t beding vir ’n finale Brexit akkoord.

Die premier se optrede word ietwat vreemd gevind aangesien die EU reeds herhaalde kere gesê het dat toeligting verskaf sal word oor die ooreenkoms, maar dat geen bykomstighede in die ooreenkoms moontlik is nie.

Te midde van kommer oor die bestaande ooreenkoms wat nie deur die Britse Parlement aanvaar is nie, bestaan daar geen twyfel dat verdere onderhandelinge nie tot ’n verandering in die ooreenkoms sal lei nie.

Politieke ontleders sê die moontlikheid dat geen ooreenkoms bereik gaan word, is nou feitlik ’n uitgemaakte saak, behalwe as die EU op die laaste oomblikke besluit om sekere toegewings te maak.

Foto – Premier Theresa May