Oudtshoorn kry heerlike reën

Vier volwassenes en twee kinders moes na veiligheid gebring word toe swaar reën die Meiringspoort en Oudtshoorn gebied in ’n watermassa omskep het.

Die drooggeteisterde gebied smag reëns maande lank na uitkoms, en die welkome reën van die afgelope naweek het groot verligting gebring vir die dorp, maar veral vir die landbouers van die omgewing.

Die stormwater het veroorsaak dat Meiringspoortpas Saterdag gesluit moes word, en die verkeersdepartement het motoriste gemaan tot uiterste versigtigheid aangesien laagwater brûe gevaarlik kan wees.