Ontbondel Eskom, sê hoof

Die besluit kan “pynlik” wees maar Eskom mag dalk net eindig met ’n radikale verandering deur die entiteit te ontbondel.

Dit is die mening van die Hoof Uitvoerende Beampte, Phakamani Hadebe, tydens ’n sogenaamde Myn-Indaba wat Maandag begin het.

Hy het afgevaardigdes na die indaba toegespreek en gesê dit kan die finale oplossing wees om Eskom se kraglewering te verseker.

Hy sê daar is niks so gevaarlik vir ’n maatskappy as lae moraliteit van werkers en finansiële instellings wat onwillig is om geld uit te leen nie, veral vir Eskom se steenkool verwante projekte.

Finansiële deskundiges sê die Eskom hoof moet in aanmerking neem dat bankiers onderhewig is aan landswette wat ondermeer bepaal dat hulle nie geld mag leen aan ’n kliënt wat nie kredietwaardig is nie.

Indien so ’n kliënt nie kan betaal nie, bestaan die moontlikheid dat ’n hof beslis dat die skuld nie terugbetaalbaar is nie aangesien meer geleen is as wat bekostig kon word.

Foto – Phakamani Hadebe