Nuwe sekuriteit instellings

Die ANC president, Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die Staats Veiligheid Agentskap ontbind gaan word en dat hy twee nuwe instellings in die lewe gaan roep – een binnelands en een buitelands terwyl hy die voorsitter sal wees van die Nasionale Sekuriteit Raad.

Waarnemers vra nou of dit ‘n doelbewuste skuif is om alle sekuriteitsmaatreëls onder sy beheer te kry.

Kommer bestaan dat dit ’n nuwe inisiatief kan word om die “demokrasie” van die land onder sy beheer te bedreig aangesien hy as adjunk-presidnt niks gedoen het om Staatskaping te voorkom nie.