Nuwe Openbare Vervolger bots met Minister

Die nuut aangestelde Nasionale Openbare Vervolgingsgesag direkteur,  Shamila Batohi, het drie dae na haar aanstelling, ’n eerste botsing gehad met die Minister van Justisie.

Dit lyk asof die Minister, Michael Masutha, en sy koppe gestamp het oor die salarisse van senior aanklaers wat nie goed vergelyk met die junior waaroor hulle toesig moet hou nie.

Sy is van oordeel dat die salarisse van adjunk-direkteure van Openbare Vervolging en senior aanklaers onvoldoende is.

Die Minister en die Direkteur-generaal sê hulle het genoeg tyd nodig om in te gaan op die aangeleentheid.

Foto – Shamila Batohi