Nuwe generasie vegvliegtuig vir Europa

Die Franse en Duitse Ministers van Verdediging het verklaar dat planne in plek is om ’n nuwe vegvliegtuig te ontwikkel, en sê die projek is deel van ambisieuse verdedigingstrategie.

Minister Ursula von der Leyen van Duitsland, en Minister Florence Parly van Frankryk het die aankondiging gemaak vir die ontwikkeling van ’n gesamentlike vegvliegtuig.

Die samesprekings volg nadat die media groot gewag gemaak het van die verouderde vegvliegtuie waaroor Duitsland tans beskik.

Die nuwe super vegvliegtuig sal deel vorm van die Nuwe Generasie Wapen Stelsel wat ’n omvattende reeks wapentuig insluit.

Die projek sal in twee fases afgehandel word, waarvan die vegvliegtuig in 2040 gereed sal wees vir gebruik, terwyl die ander toerusting reeds in 2025 in gebruik geneem sal word.