Nuwe Brexit Party kry steun

Die uitgesproke nasionalis en pro-Brexit ondersteuner, Nigel Farage, wat ook ’n vurige ondersteuner was van die veldtog om Brittanje uit die EU te kry, het nou sy steun gegee an die nuut gestigte Brexit Party.

Hy het gesê hy sal selfs beskikbaar wees as kandidaat vir die party in ’n volgende algemene verkiesing.

As stigter van die Onafhanklikheid party wat nie veel kon uitrig nie, het hy nou sy steun gegee aan die Brexit Party wat ook met sy “goedkeuring” tot stand gebring is.

Farage sê die bedoeling is ook om deur middel van die party, die stryd verder te voer deur hul deelname aan die Europese Unie se verkiesing op 23 Mei vanjaar.

Intussen het die Britse en ook die Europese Verkiesingskommissie bevestig dat die party geregistreer het vir die komende verkiesing in Europa.

Foto – Nigel Farage