Nuusflitse

Direkteur van Tesourie in die sop

Dondo Mogajane, die Direkteur-generaal van Tesourie,  gaan dissiplinêr aangekla word omdat hy gelieg het oor sy kriminele rekord – dit aldus Ramaphosa.  Die vraag word gevra hoe word sulke hoë aanstellings gedoen sonder dat agtergrond ondersoeke gedoen word.?

Grahamstad sonder water

Dit blyk dat 80,000 mense in Grahamstad reeds ses dae lank sonder water is.  Nou skielik doen die munisipale bestuurder en lede van die raad ‘n oproep aan organisasies om water te stuur aan die inwoners. Dit blyk dat Rhodes Universiteit dalk moet sluit weens die water krisis.

Tshwane Universiteit van Tegnologie gesluit

Studente onrus het veroorsaak dat die Mbombela kampus, Ga-Rankuwa -, Arcadia- en Pretoria-Wes kampusse van die instelling gesluit moes word. Die EFF beheerde studenteraad “kla” oor studie materiaal se toelaes en akkommodasie probleme.

Hoof van Paaie met spesiale verlof

Ronald Swartz, die provinsiale hoof van Paaie en Vervoer in Gauteng is met spesiale verlof na ‘n onwettige toekenning van ‘n konstruksie tender van ’n pad in die provinsie. Vier ander senior amptenare is saam met Swartz betrek in die ondersoek.   Geen datum is nog vasgestel vir die dissiplinêre verhoor nie.