Nuusflitse

Drie bewaarders gesteek met skerp voorwerpe

Drie korrektiewe beamptes by die St Albans gevangenis is tydens ‘n skermutseling met prisoniers met skerp voorwerpe gesteek.  Die beamptes is in ‘n stabiele toestand en ‘n interne ondersoek is aan die gang.

Hospitaal en die bobbejane

Die RK Khan hospitaal in Natal word daagliks “beset” deur bobbejane. Die bobbejane het die kombuis van die hospitaal betree asook in een van die sale. Die Minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi sal glo die bobbejaan voorvalle ondersoek.