Nuusflitse

Fedusa plaas sekretaris op verlof

Die vakverbond Fedusa het hul Algemene Sekretaris, Dennis George, met spesiale verlof huis toe gestuur, hangende ‘n ondersoek na die aankope van AYO Technologies Solutions aandele.

George ontken dat hy finansieel gebaat het by die aankoop van aandele en veral met die daaropvolgende prysstyging van die aandele.

PUK terug in die kussings

Die Hoë Hof in Johannesburg het bevind dat die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee se besluit om die Noord-Wes se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) te ontbind,  prosedureel onregverdig was en in stryd was met die party se konstitusie.

Dus moet Supra Mahumapelo en sy kamerade binne twee dae weer aangestel word. Na grootskaalse onluste teen die PUK verlede jaar weens beweerde bedrog sal dit interessant wees wat die verdere verloop sal wees.