Nuusflitse

Bejaarde vrou vermoor in Sedgefield

‘n 50-jarige man sal in die Knysna Hof verskyn na die moord op Lorna Hampson van Knysna. Sy is buite haar huis met ‘n hamer gedood. Die aanvaller het daarna voertuie van omstanders beskadig.

ANC Tak sekretaris kry tronkstraf

Die ANC se Johannesburgse tak sekretaris, Thabang Setona, is tot 12 maande tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan aanranding met opset.

Die voorval het buite Luthuli Huis plaasgevind toe Setona ‘n BLF vrou aangerand het tydens ‘n protes optog.