Nuusflitse

Eise dat adjunk minister moet bedank

Daar is toenemende druk op die Tesourie om toe te sien dat die Adjunk-minister van Finansies moet bedank uit sy portefeulje/. Mondi Gungubele word gekoppel aan korrupte aktiwiteite saam met individue wat dien op die bestuur van PIC.

Protes in Durban

Bykans 100 opstokers het ‘n bus aan die brand gesteek by Overport naby Durban terwyl die King Dinuzulu Hospitaal se toegangs roetes geblokkeer is deur ‘n groep wat werk soek.

Twee veroordeeldes ontsnap

Twee veroordeelde moordenaars het vanuit die Johannesburgse Hoë Hof ontsnap.  Die twee sou eerskomende Vrydag gevonnis word vir hul dade.  Dit is die tweede ontsnapping in twee maande vanuit dieselfde hof.