Nuusflitse

Vandalisme in PE kos miljoene

Die inbrake, vandalisme en diefstal van kabels by elektriese substasies in en om Port Elizabeth kos die Stadsraad meer as R750,000 na 65 voorvalle tussen Julie en Oktober 2018. Toegang tot die substasies word klaarblyklik net verkry met sleutels wat dui op hulp van “binne”

 

Total soek olie

Total Frankryk is besig om saam met die regering te soek na olie aan die kus naby Mosselbaai. Gwede Mantashe het die soektog gaan bekyk maar Total wou geen verklaring uitreik nie.

 

Natal Universiteite gesluit

Studente Rade van al die Universiteite in Natal het aangekondig dat alle universiteite in die provinsie “gesluit” sal word op Maandag 4 Februarie 2019 .  Studielenings en behuising is van die klagtes volgens die studente.