Nuusflitse

Pretoria Wes brand

Paaie in Pretoria Wes was Donderdag onbegaanbaar nadat oproermakers die paaie versper het met brandende bande. ‘n Trok is in die proses aan die brand gesteek en geen beserings maar ook geen arrestasie is aangemeld nie.

Petrol op -Diesel af?

Die AA voorspel dat petrol op 6 Februarie 2019 met 6 sent kan styg terwyl Diesel met 3 sent kan daal. Mark voorspellings toon dat 2019 ‘n meer gelykmatige skommeling sal hê in brandstof pryse.

Kiesertal neem af

Slegs 74,5% van alle voornemende kiesers het geregistreer om te stem in 2019 wat 26,6 miljoen van die moontlike 35,9 miljoen kiesers is. In 2014 was die persentasie geregistreerde kiesers 80,5%. Dit dui op die weerstand van kiesers teen die huidige toestand van die demokratiese Suid Afrika.

Gauteng dokters sonder salaris

Die Gautengse Departement van Gesondheid het aangekondig dat dokters in hul diens Vrydag  1 Februarie 2019 hul salarisse sal ontvang.  Sommige dokters in vyf hospitale het kennis ontvang dat hul eers einde Februarie 2019 hul Januarie salarisse sal ontvang.

SAFA weggejaag van Kaapse stadion

Die Kaapstadse Raad het die SA Footbal AssociationCT versoek om die Athlone stadion te ontruim  Onderhoud en veiligheid is van die besware van Kaapstad Raad vir die bevel. Teenstand van die ANC Jeugliga, WP Rugby, WP krieket en WP Boks word beplan teen die bevel.