Nou oorstroom Australië

Een uit ’n 100 jaar oorstroming het Australië getref in sy tropiese noordwestelike gebied wat duisende mense verplig het om hulle huise te verlaat .

Die land se weerdiens het gewaarsku dat tornado-sterk winde verwag kan word met gepaardgaande reën wat die taak van reddingswerkers gaan bemoeilik.

Sondag het swaar reën en sterk wind gewoed in Queensland wat water oor rivierwalle laat stroom het.

Meer as 1,000 mm reën is die afgelope paar dae in die gebied gemeet, en is glo ’n nuwe rekord wat die 886 mm van 1998 oortref.

Die oorstromings is in teenstelling met die geweldige hittegolf wat die land verlede week getref het toe 50 grade Celsius op plekke geregistreer is.