Mynbase betaal na damwal breek

Elf dae nadat die damwal by Brumadinho in Brasilië gebreek het waartydens minstens 134 mense omgekom het, het die verantwoordelike mynbedryf met uitbetalings begin.

Die verwagting is dat nog sterftes aangemeld sal word, veral in die lig daarvan dat sowat 200 mense steeds vermis word en vermoedelik omgekom het in die modderwater wat oor ’n wye gebied verwoesting gesaai het.

Die eienaars van die mynhuis het self begin om vergoeding aan die naasbestaandes van slagoffers te betaal, en meen nog mense sal later betaal moet word.

Vit elke slagoffer se naasbestaandes word 23,600 euro uitbetaal, maar kenners reken ’n hofsaak kan dalk ’n groter bedrag vasstel.

Intussen het die owerheid en reddingswerkers die soektog na vermiste mense opgeskort aangesien dit wil voorkom asof geen lewendes gevind sal word na elf dae se soektog nie.