Min kiesers glo in Ramaphosa koers

Met die aanstelling van Cyril Ramaphosa as Suid-Afrika se nuwe president, het 68% van die kiesers gedink dat die land nou gaan floreer.

Die kiesers was in die wolke oor die moontlikhede wat werklikheid kan word, veral omdat dit veel betr. Is as die 22% steun wat Jacob Zuma gehad het.

Maar nou het die wolkie waarop die 68% Ramaphosa ondersteuners uitmekaar geval, want slegs 27% van die kiesers glo Suid-Afrika is onder sy leiding, op die regte pad.

Die opname wat deur die South African Citizen Survey gedoen is, het ’n skokgolf deur die land se pro-Ramaphosa ondersteuners gestuur.

Politieke meningsvormers reken dat die president t veel kere die waarheid skuins gehou het, en sy grondgryp benadering het buitelandse beleggers die skrik op die lyf gejaag.