Massa ontruiming in Moskou na bomdreigement

Meer as ’n honderd geboue in en om Moskou moes blitsvinnig ontruim word to ’n “omvangryke bom dreigement” ontvang is.

Klaarblyklik is ’n reeks verskillende bom dreigemente deur die polisie ontvang, wat almal valse afdreigings was.

Verskeie ander groot stede in Rusland is ontwrig met soortgelyke dreigemente wat deur die polisie ontvang is, maar waarvan al die gevalle ’n valse dreigement is.

Die bom dreigemente het  duisende mense ontwrig wat inderhaas uit geboue verwyder moes word, waarvan verskeie skole ook ontruim is.

Selfs die Russiese Staatsuniversiteit in Moskou moes inderhaas ontruim word en aktiwiteite vir die dag moes gekanselleer word nadat die polisie kennis gegee het dat hulle nie betyds by al die geboue kon om opsporings te doen nie.