Malema se prokureur in hof

Tumi Mokwena, wat al as Malema se prokureur opgetree het, word aangekla op pogings van moord nadat hy skote afgevuur het op werkers by die Zebediela sitrus plaas.

Een werker het sy vinger verloor in die skietery tydens ‘n loongeskil tussen Mokwena en plaaswerkers.  Die plaas se bestuurder Jakobus Swanepoel het in die hof getuig dat Mokwena se lewe nie in gevaar was nie en dat die skote wat hy afgevuur het onnodig was.

Die skietery het begin toe 30 tot 40 werkers hom gekonfronteer het.  Die landdros  het hom egter onskuldig bevind op vier aanklagte van moord ten spyte van die staatsgetuies se verklarings.

Foto – Tumi Mokwena