Majubafees vanjaar in Maart

Die gewilde byeenkoms op Majuba om die oorwinning van die Boeremagte te herdenk, sal vanjaar oor ’n tyd van drie dae strek.

Die Fees wat jaarliks aangebied word, is vanjaar die verantwoordelikheid van die VVK se medewerkers wat as gasheer optree.

Die Feestelikheid word op Sondag, 3 Maart, op paslike wyse afgesluit.