Maduro bedreig Guaido-gesin

Die selfverklaarde president van Venezuela het aan die media bekendgemaak dat spesialis polisie na sy woning was op soek na sy eggenote terwyl sy baba dogtertjie alleen tuis was.

Alhoewel die polisie die bewerings ontken, blyk dit dat bure die voorval gesien en Juan Guaido daaroor ingelig het.

Guaido sê dit is baie duidelik dat die Maduro=regime probeer om hom te intimideer, maar hy sê die veiligheidsmagte se pogings om sy familie te intimideer is bekend, maar nie geslaagd nie.

Hy was besig om ’n toespraak te lewer oor hoe die land se ekonomie herstel kan word toe hy onderbreek is oor wat gebeur het by sy woonhuis en dat die polisie na sy gade, Fabiana Rosales, gesoek het wat nie tuis was pmdat sy saam met hom na die vergadering was.

Foto – Juan Guaido en sy twee kinders