Land ontwaak dalk

Dit is opvallend hoe lank dit die opposisie partye, waarnemers en selfs die openbare pers geneem het om Ramaphosa se aandeel in die land se toestand te bevraagteken.

Skielik word daar nou vrae gevra wat sy rol was in die nege jaar van Zuma se regeer tyd.

Die Vryburger het ruim ‘n week gelede reeds gevra hoe ‘n adjunk-president onbewus kan wees van staatskaping, bedrog en enorme diefstal by staats entiteite terwyl hy as tweede in bevel van die land was.

Sy verskonings en selfs nuutste persverklaring strook eenvoudig nie en getuig van ‘n persoon wat nou vure probeer doodslaan nadat die Bosasa ondersoek dinge begin oopkrap het.  Die feit dat die R500,000 “skenking aan sy seun en/of verkiesings veldtog”  nog steeds nie terug betaal is nie maak ook nie sin nie.

Is die media en mense te bang om hom te konfronteer – sou hy en die ander ministers krimineel aangekla word sal die land seker sonder ‘n kabinet moet regeer.

Die probleem is dat in Afrika word sekere dinge geduld en oorgesien wat in ‘n beskaafde land as krimineel beskryf sal word.