Kripvreters word meer en meer

Getuie Richard le Roux, ’n werknemer by een van Bosasa se entiteite, het vertel hoe instandhoudingswerk gedoen is by onder andere Ministers Mokonyane, Gwede Mantashe, Dudu Myeni.

Korrektiewe dienste se Lindi Mti en parlementslid Vincent Smith het ook instandhoudingswerk geniet.

Werk is in privaat voertuie en siviele klere gedoen om te verhinder dat Bosasa daaraan gekoppel kon word.

Mantashe se eiendomme in Boksburg en sy ander in die Oos-Kaap, Cala asook op ‘n plaas in Elliot is “gediens” deur die korrupte Bosasa.