Kragtige teleskoop ontdek “ruimteskip”

Met ’n kragtige teleskoop tot sy beskikking, het ’n wetenskaplike ’n voorwerp in die ruimte gevind wat moontlik ’n reuse ruimteskip kan wees.

Vanaf die teleskoop in Hawai is die vreemde voorwerp opgespoor, wat nie rond of bolvormig is nie, maar langwerpig en geheel en al anders as enige voorwerp wat in die ruimte sweef.

Nou fluister die wetenskaplikes op die sosiale netwerk dat dit moontlik ’n reuse ruimteskip kan wees wat van ’n ander planeet afkomstig is waar lewende wesens kan wees.

Avi Loeb, hoof van die Sterrekunde Afdeling van Harvard sê hy dink die “voorwerp” is gemaak deur ’n beskawing wat nie op aarde is nie.

Hy reken die ruimte tegnologie op aarde is nog in su kinderskoene, en dit is moontlik dat ’n ander beskawing iewers op ’n ander planeet verder gevorder is as hier.