Korrektiewe Dienste wil regmaak

Die Departement van Korrektiewe Dienste het Bosasa skriftelik kennis gegee dat die regering Bosasa, (African Global Operations), op ‘n swartlys gaan plaas en verdere besigheid met hulle gaan beëindig.

Die SAP kommissaris het bevestig dat die Bosasa kontrakte ondersoek word.

Dit is nie bekend of die reuse bedrae geld wat betrokke is by die skandaal, teruggevorder gaan word nie.

Meningsvormers reken dat dit nodig sal wees om diegene wat betrokke was by die korrupsie en bedrog, na skuldigbevinding ontslaan behoort te word.