Klimaatverandering en e-motors

Wetenskaplikes in Europa het ’n intensiewe ondersoek gedoen na die uitwerking van elektriese motorvoertuie in plek van die konvensionele binnebrand masjien voertuig.

Indien die elektrisiteit opgewek sou word met steenkool kragstasies om aan die stygende vraag na elektrisiteit te voorsien soos wat e-motors sal vereis, sal daar geen verbetering wees om klimaatsverandering teen te staan nie.

Indien daar egter van sonkrag en windkrag gebruik gemaak word, kan die koolstof vrystelling verminder tot soveel as 13 keer ten wat dit tans is.

Die toename in e-motors is redelik vinnig, maar dit kan jare neem voor die e-motors in gebruik, meer is as die bestaande brandstof aangedrewe motors.

Intussen sal owerhede ook die oliemaatskappye moet aanmoedig om meer son-en windplase te help finansier om die stryd teen klimaatsverandering effektief te voer.