Kataloniërs kry dalk beter bedeling

Die Sosialistiese premier Pedro Sanchez van Spanje word van alle kante in Spaanse politieke kringe skerp veroordeel vir sy toegewings aan die eise van die separatiste in Katalonië.

Opposisiepartye beskuldig die premier daarvan dat hy ingegee het en nou onderwerp is aan die “afdreigings” van die separatiste.

Bewerings is gemaak dat die premier die toegewings gemaak het “in ruil vir hulle ondersteuning in die volgende verkiesing”.

Die premier het ingestem tot gesprekke oor die toekoms van Katalonië en die moontlikheid om onafhanklik te word van Spaanse oorheersing.

Pedro Sanchez se Sosialiste regeer as ’n minderheidsparty nadat geeneen van die politieke partye ’n koalisie kon saamstel of ’n volstrekte meerderheid kon behaal in die vorige verkiesing nie.

Politici sê hy het met die toegewing aan Katalonië die moontlikheid versterk dat die separatiste bereid sal wees om vir hom te stem in die hoop dat hy hulle sal ondersteun in hulle vryheidstryd.

Foto –  Premier Pedro Sanchez

4