Kaap Verde konfiskeer tonne kokaïen

Beamptes in die Kaap Verde het 11 Russiese seemanne gearresteer nadat 9,5 metrieke ton kokaïen op die skip gevind en gekonfiskeer is.

Die owerhede in Kaap Verde het die 11 Russiese bemanning in aanhouding geplaas en ’n klag van dwelmsmokkelary is geopen.

Die Russe het met ’n vaartuig met ’n Panama registrasie probeer om die massiewe besending kokaïen te vervoer vanaf Suid-Amerika en was onderweg na Marokko.

Die skip se bemanning was egter verplig om aan te doen in die hawe van Kaap Verde nadat een van die bemanning omgekom het tydens die reis.

Polisie het die skip deursoek nadat die bemanning vir hulle verdag  voorgekom het.