Juan Guaido vra Weermag hulp

Venezuela se interim President, Juan Guaido, het ’n versoek gerig tot die land se Weermag om behulpsaam te wees met die vragmotors en trein trokke met lewensmiddele wat ontvang is.

Guaido het die Weermag voor ’n besliste keuse gestel en gesê hulle moet kies tussen ’n diktatorskap wat geen gevoel van menslikheid het, of die instandhouding van die land se grondwet.

Die belangrike Internasionale Brug by die grens met Columbië is egter geblokkeer wat inkomende verkeer verhoed om in te beweeg na die hoofstad, te midde daarvan dat die vragte noodsaaklike lewensmiddele onderweg is na Venezuela wat tans sonder voedsel en medikasie is.

’n Woordvoerder van Columbië sê drie skeepsvrag kratte is dwars oor die pad getrek om te verseker dat geen voertuig verder kan ry nie.

Guaido het die Weermag gewaarsku dat hulle hulp nodig is anders gaan die volk afreken met weermaglede se families omdat hulle noodsaaklike lewensmiddele ontsê word.