Jemen vrede onderhandelings vorder

Vredesonderhandelinge tussen die regering van Jemen en die rebellemagte vorder steeds nadat ’n ooreenkoms bereik is met die verskuiwing van vegters uit die oorlog geteisterde Hodeidah.

Die hawestad wat deur die rebellemagte beheer was, word geleidelik teruggegee aan regeringsmagte as deel van die aanvanklike ooreenkoms om te werk na ’n bedeling waarin die vegtende rebelle nie vervolg sal word nie.

Die rebelle het die hawestad effektief blokkeer sodat lewensnoodsaaklike middele soos voedsel en medikasie nie ingevoer kon word nie en tot groot ellende gelei het in die sentrale deel van Jemen.